Vriende
In al my travels , kan ek sê dat ek baie opgewonde was oor die MEYER SAUERMAN SPORTKOMPLEKS by Andrew Rabie . Dis een van die beste skole sport museums wat ek al gesien het en ek glo dat dit enig in soort is. Dit is ook in ‘n baie goeie toestand en word goed versorg deur die bekwame hande van Mnr Johann van der Merwe. Ek het ook so tussen die lyne gehoor dat hy ‘n OUD SPRINGBOK was en het ook so ‘n glimps van sy foto’s gesien , in sy GROEN en GOUD.
En raai wat ? Hy het ‘n boek geskryf. Ek weet nie hoeveel van julle weet dit nie.Ek het ‘n eksemplaar in my hande wat ek gelees het. Die inhoud het my hoender vleis gegee. Ek het gewens dat ek ook ‘n oud skolier kon gewees het van Andrew Rabie en sy tradisie.
1953 – 2003 MET DIE RABIES OP DIE RUGBYVELD
“ DIE HOëRSKOOL ANDREW RABIE HET SY ONTSTAAN AS DIE HOëRSKOOL ADCOCKVALE GEVIER OP WOENSDAG 21 JANUARIE 1953
OP DIE PERSEEL VAN 6 MORGE EN GELEë IN EEN VAN DIE MOOISTE DELE VAN PORT ELIZABETH , HET ‘N SKOOL VERRYS , WIE SE LEERLINGE DEUR DIE VOLGENDE 50 JAAR DIEP SPORE SOU TRAP OP DIE SPORT VELD EN VERAL OP DIE RUGBY VELD.
HIERDIE BESKEIE BOEKIE WORD OPGEDRA AAN ELKE SEUN WAT DIE EER GEHAD HET OM DIE KONINGSBLOU ANDREW RABIE RUGBYTRUI OOR SY KOP TE TREK EN OOK AAN MEYER SAUERMAN. DIE VADER VAN SKOLE RUGBY IN DIE OOSTELIKE PROVINSIE
AAN HULLE SE ONS “ BAIE DANKIE “
SKRYWER : JOHANN VAN DER MERWE
Fotos van die o/15 span 1953.Die heel eerste rugby span van Andrew Rabie ooit. Kyk na die stats . Speel 9, wen 4 , gelykop 1, verloor 4 . Hoeveel van daai manne is nog met ons en waar is hulle. Name soos TOMMIE ADLAM wat vir die eerste span gespeel het 1957-1958 en later OP heelagter was.
1956 was die eerste onoorwonne span. Waar is daai manne ?
1959 0/14 A-Span : wen 10 uit 11 wedstryde . Hulle teken aan 385 punte vir en 18 teen hulle. Die kaptein was GIDEON PIENAAR.
So kan ek aangaan, bladsy na bladsy, punte na punte , spanne na spanne, kapteine na kapteine, uitblinkers na uitblinkers.
Ek gee die boek 10 uit 10 en goed gedaan Mnr Van der Merwe. En die meeste van die manne wat die stukkie lees sal trane in hul oë kry en verlang na hulle skooldae. Hierdie is ‘n moet geskiedenis en as jy nie reeds die boek het nie . Bestel een .
Ek spandeer my vrye tyd aan sport fotografie vir die skool. Die sport kompleks raak hopeloos te klein vir al die fotos en ons dink nou al daaraan om van die nuwe fotos te skuif na die ondersteunersklub saal. Is daar manne daar buite wat ander voorstelle het ?